Jo Black In Studio
Jo Black In Studio

Eers sien jy die baard. Dan die tattoos. Daarna hoor jy die stem. Dan probeer jy naarstiglik uitvind of hy al ‘n CD vrygestel het. En jy is verlig om te hoor hy het sopas! Jo Black kuier vanmiddag om 16:15 in die 93.6fm ateljee om oor sy nuutste musiek vrystelling, alles en nog meer te gesels! Moet dit nie misloop nie!